|
Afrikaans volg
Dear Readers,
South African wines highly rated by US commentators
South African wines have recently been scoring well in US publications. Last year, Don Winkler and Mike Potashnik of the International Wine Review were guests of Wines of South Africa. The first of their reports, on SA sparkling wines (http://www.wosa.co.za/download/ART_SAFR_Sparklers.pdf) was followed by more, shorter reports on their website(http://www.i-winereview.com/), as well as reviews of their culinary experiences while they were here. The full and very extensive and positive report went live this week and can be accessed here: http://iwinereview.com/sawines.php
Also, at the end of last year, Neal Martin published his "Memorable Wines of 2011" in the Wine Advocate (http://www.wosa.co.za/sa/award_int_article.php?id=1560) and more recently the Wine Spectator Insider was published (http://www.wosa.co.za/sa/award_int_article.php?id=1573) where a host of SA wines were scored 90 and above. Similarly in the March 2012 print edition of Wine Enthusiast, 22 SA wines scored very well. This kind of positive exposure bodes well for WOSA`s efforts in the USA, especially with the recently opened WOSA office there.
Geagte Lesers,
Suid Afrikaanse wyne word hoog aangeskryf in die VSA
Suid-Afrikaanse wyne het in die laaste paar maande uitstekend gevaar in VSA publikasies. Verlede jaar het Don Winkler en Mike Potashnik van die International Wine Review as gaste van Wines of South Africa `n ekstensiewe toer van die Kaapse Wynlande onderneem. Die eerste van hul verslae oor SA vonkelwyne (http://www.wosa.co.za/download/ART_SAFR_Sparklers.pdf) is gevolg deur meer, korter verslae op hul webwerf (http://i-winereview.com/), sowel as resensies van hul kulinêre ervaringe tydens hul besoek. Die volle en baie uitgebreide, positiewe verslag is hierdie week vrygestel en kan hier verkry word: http://iwinereview.com/sawines.php
Teen die einde van verlede jaar, het Neal Martin sy "onvergeetlike Wyne van 2011" in die Wine Advocate (http://www.wosa.co.za/sa/award_int_article.php?id=1560) gepubliseer en meer onlangs is die Wine Spectator Insider gepubliseer.(http://www.wosa.co.za/sa/award_int_article.php?id=1573) , waar `n goeie aantal Suid-Afrikaanse wyne 90 en hoër behaal het. In die Maart 2012 gedrukte uitgawe van die Wine Enthusiast, het 22 Suid-Afrikaanse wyne goed gevaar. Positiewe blootstelling soos hierdie dra gunstig by tot WOSA se pogings in die VSA, veral met die WOSA kantoor wat hierdie jaar in New York geopen is.
Kind Regards/Groete Andre

Questions or comments? Email me at andre@wosa.co.za
|